Jong vrou sterf na motor in waterkanaal beland buite Oudtshoorn

Die liggaam van ‘n jong vrou van Oudtshoorn is vanoggend omstreeks 09:00 uit die wrak van ‘n BMW gesny.

Die botsing het in die vroeë oggendure gebeur toe die BMW op die grottepad die pad verlaat en in ‘n waterkanaal te lande gekom het.

Plaaswerkers het die wrak eers teen 07:30 opgemerk waar dit op die sykant in die water lê. Die vrou was nog in die passasierssitplek vasgegordel.

Die slagoffer van die botsing was 18 jaar oud.

Dit blyk dat iemand die bestuurder ‘n rukkie voor die wrak opgemerk is, langs die pad gekry het, maar nie geweet het daar is ‘n passasier in die motor nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Jong vrou sterf na motor in waterkanaal beland buite Oudtshoorn