Een verdagte dood, vier gearresteer ná skietery in Johannesburg

Four suspects arrested 1

Een verdagte is dood en vier gearresteer ná ‘n skietery in Lenasia, suid van Johannesburg. Dít kom nadat twee voertuie Vrydagmiddag in Vereeniging gesteel is.

Kort ná 14:30 is Ctrack se reaksiespan ontbied nadat die eienaar van ‘n Toyota Fortuner die inbelsentrum gebel het om te rapporteer dat haar voertuig gesteel is. ‘n Tweede reaksiespan is kort daarna ontbied, sowel as die Lenasia-polisiediens (SAPD).

Binne ‘n uur het Ctrack en die SAPD die vyf verdagtes by ‘n besige kruising in Lenasia aangekeer. ‘n Skietery het daarna tussen die verdagtes en die polisie uitgebreek, waartydens al vyf verdagtes gewond is. Een verdagte is kritiek gewond en het op pad hospitaal toe aan sy beserings beswyk.

Benewens die Toyota, het die polisie ook ‘n Hummer H1, wat vermoedelik ook gesteel is, teruggekry.

Een verdagte is by die Lenasia-polisiekantoor in aanhouding, terwyl die ander drie na die Baragwanath-hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Four suspects arrested 2

Four suspects arrested

Four suspects arrested 4

[Fotos: Die toneel Vrydagmiddag in Lenasia nadat vyf verdagtes deur Ctrack en die SAPD aangekeer is.]

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Een verdagte dood, vier gearresteer ná skietery in Johannesburg