Parmantige Auris maak sy merk met nuwe stilering

Auris

Toyota sal aanstaande maand vars binne- en buite-stileringsontwerpte vir die Auris by die Geneefse Motorskou onthul.

Die luikrug sal langs die Touring Sport-stasiewa (nie plaaslik beskikbaar nie) pronk, en sal benewens die vars nuwe stilering ook ’n opgekikkerde kajuit sowel as nuwe gemaks- en veiligheidstoerusting hê.

Die nuwe model word later vanjaar in Suid-Afrika verwag.

Die hibried-weergawe bly die kern-model van die reeks nadat hy hom as die vlagskip-model op die gebied van kragbron en aandrywing gevestig het. Dié weergawe het verlede jaar vir omtrent die helfte van alle Auris-verkope in Europa gesorg, terwyl die XR 1,6ℓ-petrolmodel die grootste plaaslike verkoper is.

Die gelyktydige onthulling van die nuwe Auris en Avensis (ook nie vir plaaslike bekendstelling bestem nie) volg op verlede jaar se bekendstelling van die Aygo en Yaris wat die hernuwing van Toyota se kern-passasiersmotorreeks voltooi het.

Toyota sal sy perskonferensie vir die Geneefse Motorskou op 3 Maart 2015 by sy uitstalling in Saal 4 van die Palexpo aanbied.

auris touring

Posted on by jonckie

Comments Off on Parmantige Auris maak sy merk met nuwe stilering