Die verkeerde afleweringsvoertuig kan jou duur te staan kom op die pad!

Vir veiligheid op die pad en om onnodige skade te voorkom is dit belangrik dat ons miskien mooi nadink oor watter voertuig ons wil gebruik om goedere rond te karwei!

‘n Vriend het vanmiddag ‘n foto na die Arrive Alive webwerf gestuur van ‘n persoon wat ‘n “Jack Hammer” van 30kg by sy winkel opgelaai het met sy Vespa!

Dit behoort vir ons almal duidelik wees om te verstaan watter risiko hierdie vrag op hierdie voertuig kan inhou nie net vir die bestuurder van die Vespa nie , maar ook vir ander motoriste in die geval van ‘n ongeluk!

Oorlading van voertuie is nie net meetbaar in kilogram nie -maar moet ook in ag neem die grootte in oppervlak en die voertuig waarmee die voorwerp vervoer word!

Ons kenners oor veilige bestuur van motorfietse sal nie beindruk wees met die bestuur van hierdie motorfietse met hierdie vrag daarop nie!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Die verkeerde afleweringsvoertuig kan jou duur te staan kom op die pad!