Wees deeglik bewus van die gevare van huisbraak!!

Die vaardighede van inbrekers kan ons soms met verwondering laat! Dit is noodsaaklik dat ons nooit op ons gemak sal raak en maar net aanvaar dat ons alle redelike stappe geneem het nie!

Hierdie fotos hierbo is duidelike waarskuwing om ekstra versigtig te wees – die feit dat jy nie sou kon inbreek nie – maak dit nie onmoontlik vir almal om in te breek nie!

Ons wil versoek dat daar verskillende vlakke van beskerming tuis aangebring moet word. Moenie bloot op die diefwering staatmaak nie – oorweeg ook behoorlike omheining, alarmstelsels en ander meganismes om inbrake die hoof te bied!

Dit is goeie advies om ook te kommunikeer met jou versekeraar oor die stappe wat jy kan neem vir die beste veiligheid!

Besoek ook:

Waardevolle wenke om die huis te beskerm in jou afwesigheid

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees deeglik bewus van die gevare van huisbraak!!