Wenke om motorkapings te voorkom

Wat kan die motoris doen om motorkapings te voorkom? Alhoewel daar ‘n afname blyk te wees in hierdie gewelddadige manier om voertuie te bekom bly dit steeds een van die motoris se grootste vrese. Alle voertuigfabrikate is van tyd tot tyd op die kapers se lys. Nuwe voertuie word soms op bestelling gekaap. Ouer voertuie word soms gekaap vir onderdele. Selfs met die beste versekering en gemoedsrus dat behoorlike dekking verleen word is daar geen plaasvervanger vir lewe nie en is motorkapings iets wat ons liefs wil vermy!

Wanneer ons in die groot stede ry is ons veral kriewelrig wanneer ons ‘n kruising in ‘n area nader wat nie behoorlik verlig is nie. In die nuutste nuusbrief van CrisisOnCall vind ons ‘n paar wenke om die risiko van motorkapings te verminder:

In baie gevalle kan motorkapings verhoed word indien die bestuurder oplettend is. Vervolgens ‘n paar wenke wat kan help om voertuigkapings te voorkom:

  • Wees altyd op jou hoede wanneer jy bestuur.
  • Wees op die uitkyk vir verdagte voertuie en mense.
  • Kyk gereeld of ‘n voertuig jou nie volg nie. (indien wel, ry na die naaste polisiestasie).
  • Vermy areas en situasies waar kapings  mag voorkom. Kapers hou daarvan om uit die niet te voorskyn te kom.
  • Wees baie versigtig wanneer jy moet stop (stopstraat, robot, ens.). Indien jy ‘n verdagte persoon sien, probeer om nie te stop nie. Wees egter versigtig vir ander motoriste.
  • Die beste is om te poog om tydens stil tye so te ry dat die verkeerslig groen is wanneer jy die kruising oorsteek.
  • Probeer om nooit by ‘n verlate plek geld te trek nie. Maak altyd seker dat niemand jou dophou wanneer jy geld trek nie.
  • Skakel nooddienste onmiddelik indien jou voertuig onklaar raak.
  • Kapings gebeur baie keer by die huis. Maak seker dat niemand agter struike, mure of in bome skuil by jou aankoms nie.
  • Wees altyd oplettend en versigtig.

Op die Arrive Alive webtuiste is daar ook meer volledige wenke om motoriste te help. Ons wil aanbeveel dat die volgende skakels ook besoek word:

Hijack Prevention Guidelines

Hijacking in South Africa

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wenke om motorkapings te voorkom