Motoriste gewaarsku om padwaardigheid van voertuie gereeld na te gaan

‘n Ongeluk gister in Randburg kan waarskynlik toegeskryf word aan remme wat nie in ‘n behoorlike werkende toestand was nie. ‘n Bestuurder van ‘n Renault Megane het beheer verloor oor sy voertuig in Bram Fischer rylaan en deur die winkelvenster van ‘n winkel in Randburg gery. Die Matrix Road Safety Assosiasie het die eienaar van die winkel aangetref in sy winkel sowel as ‘n paar geskokte werknememers wat werksaam was agter in die winkel toe die voertuig meters van hulle tot stilstand gekom het! Gelukkig was hul net geskok na hierdie noue ontkoming en nie beseer nie!

Terence Texeira van die Matric Road Safety Assosiasie het motoriste gemaan om gereeld te let op die veiligheid en padwaardigheid van hul voertuie. Dit is veral remme, remskoene, skokbrekers, ratkaste en koppelaar kabels wat gereeld nagegaan moet word. Dit is die beste om ‘n erkende werktuigkundige te kry om hierdie aspekte na te gaan.

Meer inligting en wenke van die Matrix Road Safety Assosiasie kan ook gevind word op hul webtuiste op www.matrix.co.za

Ons wil ook graag belangrike inligting oor voertuigherstel deel met ons lesers. Voertuigonderdele verspreider AutoZone is ‘n venoot tot die ontwikkeling van die Arrive Alive webtuiste en het wenke beskikbaar gestel ten opsigte van die herstel en nagaan van voertuie.

Besoek gerus die volgende skakels:

Vehicle Maintenance and Repair

Vehicle maintenance and safety guide to roadworthiness of vehicles

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoriste gewaarsku om padwaardigheid van voertuie gereeld na te gaan