Noodlottige botsing in Robinsonpas tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

‘n Vrou van Beaufort-Wes is vanmiddag dood in ‘n botsing naby die Robinsonpas tussen Oudtshoorn en Mosselbaai. Sy was ‘n passasier in ‘n Nissan TIIDA wat buite beheer geraak het en reg van voor teen ‘n aankomende Isuzu bakkie gebots het. 

Die bestuurder van die Nissan, ‘n bejaarde vrou, is beseer en per ambulans hospitaal toe geneem. 

‘n Karavaan wat aan die bakkie vas was het losgeruk en ‘n ent van die botsing tot stilstand gekom. 

Die bestuurder van die bakkie was vanaf Merweville na Hartenbos onderweg. Hy is nie beseer nie.  

Die bestuurder van die Nissan en die oorledene was vanaf Hartenbos na ‘n vakansie op pad terug Beaufort-Wes toe.

Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Noodlottige botsing in Robinsonpas tussen Oudtshoorn en Mosselbaai

Category: Algemeen