Vrou op fiets beseer in botsing met bakkie buite Oudtshoorn

‘n Vrou van Oudtshoorn is vanmiddag deur ‘n bakkie van haar fiets afgery.

Die ongeluk het op die Lategansvleipad gebeur.

Volgens inligting wat deur die Oudtshoorn Courant bekom is, het die bakkie die fietsryer van agter af getref.

Sy is met ernstige beserings na die hospitaal geneem.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrou op fiets beseer in botsing met bakkie buite Oudtshoorn