Twee beseer na bestuurder beheer verloor oor voertuig op pad tussen Oudtshoorn en George

Nooddienste is op die toneel van ‘n ongeluk wat op die Georgepad, sowat 10km buite Oudtshoorn, plaasgevind het.

Die bestuurder het beheer oor ‘n Polo verloor en teen die rotswand gebots, waarna die motor op sy dak te lande gekom het.

Die twee insittendes is lig beseer.

Volgens inligting, was die mense vanaf George na Oudtshoorn onderweg.

Daar was nie ander voertuie in die ongeluk betrokke nie.

‘n Insleepvoertuig is op die toneel en verkeer behoort binnekort weer normaal te vloei.

Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar is.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee beseer na bestuurder beheer verloor oor voertuig op pad tussen Oudtshoorn en George