Vierjarige seuntjie behandel na slangbyt , Oudtshoorn

‘n Vierjarige seun van Oudtshoorn is vanmiddag vermoedelik deur ‘n slang in sy huis gepik.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was paramedici reeds besig om die kind te behandel. Mornay Thysse, slangvanger, was ook op die toneel en het na die slang gesoek. Die slang kon egter nie gevind word nie.

Die kind is per ambulans na die Oudtshoorn-hospitaal geneem.

Volgens die kind se ma, Angelique Jullies, het hulle in die huis gesit en eet en die kind het vinnig na die opslaanhut, waar hulle agter die huis woon, gegaan.

“Ons het gehoor hy skree en toe kom sê hy ‘n krokodil het hom gebyt. Die bytmerke van, wat ons vermoed ‘n slang is, was op altwee sy handjies.”

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Vierjarige seuntjie behandel na slangbyt , Oudtshoorn

Category: Algemeen