Wat gebeur wanneer jou troeteldier wegraak?

CrisisOnCall weet dat troeteldiere vir baie mense soos kinders in die huis is.

Daar is daagliks artikels op sosiale media en in die gedrukte media waar mense hulp vra met diere wat wegraak.

Selfs in winkelsentrums en op lamppale sien ons advertensies oor verlore troeteldiere. ʼn Troeteldier wat verlore raak kan soos dood in die familie wees.

Baie verlore troeteldiere word na ʼn veearts geneem met die hoop dat daar ʼn mikroskyfie onder die vel geplaas is. ʼn Baie goeie idee totdat die praktiese sy ondersoek word. Eerstens moet die persoon wat die verlore troeteldier kry na ʼn veearts gaan sodat die mikroskyfie geskandeer kan word. Soms het ʼn troeteldier nie ʼn mikroskyfie in nie en was dit ʼn nuttelose oefening.

CrisisOnCall is sedert 2002 in die identifikasie besigheid en het dan ook ʼn leier op die gebied geword danksy volgehoue navorsing en fokus op identifikasie-metodes wat namens ʼn pasiënt kan praat wanneer hy/sy self nie kan nie! Ons het oor jare ʼn goeie reputasie opgebou onder lede en die gebruiker, paramedici, waar ons hulle help om lewensbelangrike inligting van hul pasiënt vinnig te bekom.

Omdat troeteldiere vir CrisisOnCall ook belangrik is, het ʼn nuwe identifikasie-metode vir troeteldiere nou die lig gesien. CrisisOnCall glo in ʼn eenvoudige metode wat effektief werk.

ʼn Skyfie (tag) is nou beskikbaar wat aan ʼn troeteldier se halsbandjie geplaas kan word. Wanneer iemand die troeteldier kry, skakel hy die CrisisOnCall noodnommer, op die skyfie. Die agent by die oproepsentrum sal die unieke kode op die agterkant van die skyfie vra en dan die betrokke persoon telefonies met die eienaar verbind. Hulle kan dan onder mekaar reël hoe die troeteldier weer by sy eienaar sal uitkom. Baie eenvoudig en effektief.

Die skyfie is beskikbaar vir lede van CrisisOnCall teen R 60 elk.

SMS vandag nog jou naam en die woord “Arrive” na 48950 sodat CrisisOnCall jou kan kontak, of besoek ons webwerf by www.crisisoncall.co.za

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat gebeur wanneer jou troeteldier wegraak?

Category: Huis Tags :