Lexus RC GT3-konsepmodel haas hom na Geneefse motorskou

Lexus sal die renweergawe van sy RC F-verrigtingskoepee by die 2014-Geneefse Motorskou onthul.
Die RC F GT3-konsepmotor is ontwikkel om aan internasionale GT3-renmotorvereistes te voldoen.
Die RC F GT3, wat net 1 250 kg weeg, gebruik ’n omgeboude weergawe van die RC F se V8-enjin, met sy maksimum-kraglewering in die omgewing van 400 kilowatt.
Lexus sal voertuie wat aan die GT3-vereistes* voldoen van 2015 af aan renspanne beskikbaar stel. Toetswerk sal vanjaar nog begin.
GT3-voertuie is ’n aantreklike keuse vir motorrenne regoor die wêreld en kan vir talle byeenkomste in aanmerking kom, waaronder die Nürburgring-uithouren oor 24 uur in Duitsland en die Super Taikyu-uithouren en Super GT-reeks in Japan.
Justin Ryan, Hoofbestuurder van Lexus SA, gee toe dat “motorsport ’n opwindende nuwe kanaal vir Lexus is en die fabrikaat die geleentheid bied om sy vaardighede op die gebied van voertuigdinamika ten toon te stel en terselfdertyd sy fokus op ontwerp aan te vul”.
Benewens sy motorsportaktiwiteite het Lexus ook onlangs met wêreldwye inisiatiewe begin om dié weeldefabrikaat se ontwerpfokus, waaronder die Lexus-ontwerptoekenning, Lexus-kortfilms, die tydskrif Beyond by Lexus en Intersect, deur Lexus-handelsnaamwinkels te beklemtoon.

Lexus RC F GT3-konsepmodel – belangrikste spesifikasies

Lengte

(mm)

Breedte

(mm)

Hoogte

(mm)

Gewig

(kg)

Asafstand

(mm)

Enjin Kraglewering
4 705 2 000 1 270 1 250 2 730 V8-petrolenjin Sowat 397kW

*Gesertifiseer deur die FIA (Fédération Internationale de l’Automobile).

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus RC GT3-konsepmodel haas hom na Geneefse motorskou