Groots in Japan – Splinternuwe Lexus RC maak wêreldbuiging by Tokio-Motorskou

 

  • Splinternuwe Lexus RC maak wêreldbuiging by Tokio-Motorskou
  • Lexus onthul LF-NX-konsep met turbo-krag

Lexus RC

Lexus het pas inligting en foto’s van sy splinternuwe RC-koepee op die vooraand van die motor se wêreldbuiging by die 2013-Tokio-Motorskou, wat op 20 November open, vrygestel. Die RC bestaan uit twee modelle – die RC 350 met ’n V6-enjin van 3,5 liter, en die 300h-hibried met ’n 2,5ℓ-enjin.
Die RC-reeks gee lewe aan dié weelde-fabrikaat se fokus op emosionele aantrekking met ’n dinamiese en uitlokkende tweedeur-koepee. Die nuweling is ontwikkel om die handelsnaam se aansien aan ’n breër gehoor te bring, iets nuuts aan Lexus-klante te bied en die Lexus-DNS met emosionele aantrekking aan te vul wat sinoniem met bougehalte, verfyning en betroubaarheid is.
Ontwerper-buitekant

Lexus se ontwerpers het die RC-ontwerp diep kontoerlyne gegee – iets wat nog nooit in die Lexus-reeks te sien was nie. Daarbenewens het die nuweling die breedste en platste toepassing van die Lexus-uurglasrooster wat nog gebruik is.
Driehoekige kopligte ontlok die sportiewe eienskappe van die LF-LC-ontwerp terwyl konsepmotor-inspirasie in die unieke drielig-ligdiodeontwerp bespeur kan word. Die laestraal-kopligte brand in ’n L-vorm om die Lexus-identiteit te beklemtoon. Die skerp, dun ontwerp van die stertligte het ’n simboliese Lexus L-vormige motief.
Die RC se aluminium-sierwiele dra die konsep-tot-produksiemodel-ontwerp in twee beskikbare kombinasies oor – ’n diep-uitgekerfde 19”-wiel met 10 speke, of ’n gespierde vyfspeek-18”-weergawe, wat elk met met die fynste presisie afgewerk is en elegante, swart en aluminium middelnaafdoppies het.
Die nuwe helde-kleur is rooi, met ’n helderder en meer teenstellende skakering wat deur ’n nuwe Lexus-verfproses met veelvuldige lae helder en dieper gekleurde lae bewerkstellig is.

 

Ontwerper-binneruim

Hoogaangeskrewe sport-konsepmodelle het die binneruim van die RC-koepee aansienlik beïnvloed, waar teenstellende kleurskakerings, materiale en beligting omvattend gebruik is.

 

’n Doelgeboude beligtingspakket, wat die eerste keer in ’n Lexus aangetref word, sorg vir ’n gevoel van afwagting, met beligting wat opwaarts eerder as afwaarts weerkaats en die kajuit omvou.
Die kontrasterende binneruim, wat ’n treffende nuwe skakering genaamd Clove insluit, beklemtoon die ontwerplyne en plaas die fokus op ’n elegante kajuit. Opregte shimamoku-hout – die Japannese woord vir fyn laaghout waarvan die samestelling deur Lexus verfyn is – word mildelik gebruik om die omliggende binneruimbeslag uit te lig.
Die stuurkajuit is in ’n werksone en vertoonsone verdeel. Die boonste gedeelte huisves die instrumentepaneel en ’n seweduim-navigasieskerm, terwl die verdeelde middelkonsole Lexus se nuwe raakvlak behels.
Die sitplekke maak gebruik van ’n geïntegreerde skuimsamestellingsmetode, wat baie soortgelyk aan dié van renmotor-sitplekke is, ten einde volmaakte gemak en steun te verseker – iets wat veral belangrik is wanneer dit by ’n sportkoepee kom.

 

RC 350

RC 300h

Lengte (mm)

4 695

4 695

Hoogte (mm)

1 395

1 395

Breedte (mm)

1 840

1 840

Asafstand (mm)

2 730

2 730

Sitplekindeling

4

4

Enjin

3,5-liter-petrol

2,5-liter-hibried

 

 

KENNISGEWING: Al die inligting is op voorproduksie-modelle gegrond. Spesifieke toerusting en beskikbaarheid kan verander.

 

LF-NX

Lexus beplan om sy kompakte LF-NX-weeldekruisvoertuig by die Tokio-Motorskou in ’n nuwe gedaante met ’n tweeliter-turbo-petrolenjin te onthul. Die LF-NX is aanvanklik in September vanjaar by die Frankfurtse Motorskou  bekend gestel.

 

Die nuwe turbo-model het ’n lae swaartekragmiddelpunt en die soort gehalte wat deur ’n voorste lugskort wat die motor ’n sportiewer voorkoms gee, beklemtoon word.

 

Die konsep het ’n skoon syaansig danksy kompakte, skerp romplyne en groot bande wat sy sportnuts-eienskappe uitbasuin. Binne bly die motor getrou aan Lexus se reputasie vir die verkenning van gebruikersvriendelike tegnologie danksy ’n raakvlak-beheerskerm met ’n raakskerm.

 

Die LF-NX is 4 640 mm lank, 1 870 mm breed en 1 620 mm hoog en het ’n asafstand van 2 700 mm.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Groots in Japan – Splinternuwe Lexus RC maak wêreldbuiging by Tokio-Motorskou