Wat is die wetlike standpunt tov spoedbeheer op privaat paaie binne ‘n opgeboude gebied?

Vraag:

Ek het gou ‘n tegniese vraag vir jou?

  1.  Wat is die wetlike standpunt tov privaat paaie binne ‘n opgeboude gebied (Landgoed/estate) waar die publiek as besoekers die paaie gebruik tov regulering van spoed?
  2. Wat is die laagste spoedgrens wat beboetbaar is binne die land se boetebepalings?

Jou hulp word waardeer.

Antwoord:

Dit is gewoonlik steeds openbare paaie aangesien ‘n deel van die publiek toegang tot die paaie het. Die besit van die eiendom is nie relevant nie. Die kriteria is of die publiek of ‘n gedeelte van die die publiek reg van toegang het of dit algemeen gebruik.

Enige spoedgrens wat deur ‘n padteken aangedui word kan toegepas word maar enigiets onder 40 is nie rerig prakties nie aangesien daar ‘n 10 kilometer grasie is.

Alta Swanepoel and Associates

Besoek ook die volgende skakels:

Rules of the Road and Road Safety within Gated Estates

Public Roads vs Private Roads and Traffic Enforcement

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat is die wetlike standpunt tov spoedbeheer op privaat paaie binne ‘n opgeboude gebied?