Moenie verwag van die paramedikus op die ongelukstoneel om baasspeurder ook te wees nie!

In die geval van ʼn ongeluk of mediese noodgeval, is dit gewoonlik ʼn vreemdeling wat tot jou redding kom. ʼn Groot vrees by baie mense is dat hulle of hul gesinne nie geïdentifiseer gaan word nie, mediese fonds inligting nie tydig beskikbaar gaan wees nie en dat naasbestaandes nie ingelig sal word nie.

Mev. D. Steenekamp vertel dat haar man op 30 September 2012 ernstig beseer is in ʼn botsing. Hy het in ʼn provinsiale hospitaal beland omdat sy mediese fonds inligting nie beskikbaar was op die toneel nie. (Diefstal van sy beursie word vermoed) Sy het meer as ʼn dag na hom gesoek voordat sy hom in die provinsiale hospitaal in Witbank gekry het.

Daardie vreemdelinge wat kom help is alledaagse helde en ware speurders. Eerstens en die belangrikste vir hulle is om ʼn lewe te red. Om dit professioneel te kan doen is sekere inligting lewensbelangrik. (Allergieë, kroniese medikasie, mediese kondisies) Nadat die pasiënt gestabiliseer is, moet die pasiënt geïdentifiseer word. Mediese fonds inligting moet gevind word en naasbestaandes moet inkennis gestel word. (Sonder die mediese fonds inligting is ʼn staatshospitaal die pasiënt se voorland.)

Die verkry van inligting kan op verskeie metodes gedoen word. Hier moet die speurder paramedikus intree:

  1. Die mees logiese is om ʼn beursie/handsak te kry. (Daarbinne is gewoonlik die mediese fonds kaart, bestuurslisensie, ens.) Indien die nooddiens personeel nie eerste op die toneel was nie is die kans baie goed dat dit reeds gesteel is. Persoonlike besittings word ook as gevolg van die impak van die botsing maklik verwyder van die pasiënt. Soms is dit ook onmoontlik om ʼn spesifieke persoon aan ʼn spesifieke handsak/beursie te koppel. (Lede van die SAPD Botsingseenheid vertel dat persoonlike besittings tot 80 meter van tonele gevind word)
  2. Indien hulle baie gelukkig is, ken iemand op die toneel die pasiënt en kan help om naasbestaandes vinnig op te spoor. (Die vraag is, het naasbestaandes al die inligting byderhand?)
  3. In ons tegnologiesgedrewe tyd kan ʼn selfoon ook handig wees. Daar kan ʼn akroniem soos ICE (In Case of Emergency) gebruik word. (Selfone word gewoonlik gesteel, breek of kan nie op ʼn botsingstoneel aan ʼn spesifieke persoon gekoppel word nie.)
  4. Indien die Metro Polisie op toneel is, kan hulle van die voertuig se nommerplaat inligting oor die eienaar van die voertuig op hul stelsel bekom. Dit is nou indien die eienaar nie self in die botsing was nie. Deur hom te skakel gaan nie help nie. Die koppeling van ʼn persoon aan ʼn voertuig is ook baie riskant want dit is nie te sê dat die eienaar van die voertuig die voertuig bestuur het nie.
  5. Laastens, maar sekerlik die beste is ʼn armbandjie wat koppel na ʼn persoon se inligting by ʼn beheersentrum waar inligting vinnig beskikbaar gestel kan word en waar naasbestaandes deur die regte persoon van die insident ingelig kan word. (Solank die bandjie nie juweliersware is nie en bekend aan paramedici is, sal dit wonderlik werk)

Soos reeds genoem, is die bekom van inligting nogal ʼn groot uitdaging vir die “speurder” nooddienswerker wat binne ‘n kort tyd baie moet doen om ʼn lewe te red. (Tyd = Lewe)

CrisisOnCall vier sy tiende bestaansjaar en het met sy identifikasiebandjie reeds baie lewens gered en vergemaklik. (www.crisisoncall.co.za)

Besoek ook:

Identification of a Patient at the Scene of an Accident

Posted on by jonckie

Comments Off on Moenie verwag van die paramedikus op die ongelukstoneel om baasspeurder ook te wees nie!

Comments are closed.