Sommige sêgoed is net beter in Afrikaans!!

Het jy al ‘n sêding gehoor en dan gewonder hoe jy dit vir ‘n anderstalige kan oorvertel? Sommige goeters is net te snaaks en uniek in one eie taal om te kan vertaal vir iemand anders.

So in ‘n ligter trant wil ons graag hierdie week afskop met ‘n paar van hierdie unieke sêgoed in Afrikaans:

•         Sy kop is so plat, daar is nie eens plek vir n hoofpyn nie.

•         Piet se huis is so vuil, jy moet jou voete afvee as jy uitstap.

Definisies:

BABA: ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer ‘n 5-jarige kind nie wil eet nie.

PREDIKANT: ‘n Karakter wie vir ses dae onsigbaar is, en dan op die sewende dag onverstaanbaar is.

Ek is nou so…

•         honger, ek kan ‘n perd opvreet en my mond met die joggie afvee.

•         lui, ek trou sommer ‘n verwagtende vrou.

•         Confused soos ‘n honger baba in ʼn Topless bar.

•         so lus vir Eno’s, ek eet sommer ‘n pie

Hy is so skelm…

•         hy bid onder ‘n skuilnaam

•         as jy sy hand skud, moet jy eers weer tel of jy nog al jou vingers het.

 Hy is so kort…

•         hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

•         hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie

Allerlei

Van sit of staan bly lê maar die lekkerste

Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.

Hy was gisteraand so dronk, toe hy die volgende dag opstaan lê sy klere in die bed en hy hang oor die stoel.

Ek drink nie meer so baie nie…as ek dan net 1 bier drink, is ek ‘n ander man, en kan hy nou vir jou suip.

Hy is so maer, as hy langs ‘n wit muur stap lyk dit soos n kraak wat beweeg.

Slotsom 

Miskien is dit tyd dat ons ook ons versekeringsbehoeftes in Afrikaans aanspreek…

Om af te sluit groet ons met nog ‘n juweeltjie in Afrikaans…

Kom ons maak soos beesmis en val in die pad…!!

 

Deel gerus ook jou beste sêgoed in Afrikaans!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Sommige sêgoed is net beter in Afrikaans!!