Laat genoeg spasie om botsings met fietryers te voorkom!

Foto deur Denese Lups / Phototalk

Op die Arrive Alive webtuiste gee ons ook aandag aan die veiligheid van die mees weerlose padgebruikers. Hieronder tel ook ons fietsryers en voetgangers. Ons gee gereeld wenke aan hierdie padgebruikers om ongelukke te voorkom. Met die skerp stygende petrolpryse is dit nie net die fietsry entoesias wat op die paaie gaan nie, maar ook al meer werkendes wat gelukkig is om naby hul kantore te woon.

Ek onthou goed hoe my pa altyd in die motor vir my en my broer gewaarsku het om genoeg ruimte te laat vir fietsryers.

Sy verduideliking was altyd dat jy nooit weet wat om te verwag nie, en indien jy vasry in die fietryer is daar waarskynlik ook geen eis wat jy het teen die fietsryer kan indien nie.

Die fietryer kan te enige tyd om een of ander rede uitswaai en voor die voertuig beland. Alkohol is dikwels ‘n probleem onder jou gewone persoon wat fietry om ander redes as sport beoefen terwyl jou sportman weer deur padtoestande, rukwinde en ander redes gedwonge van lyn mag verander.

Dit gaan ook nie net oor die laat van ruimte – maar wel ook die belangrikheid om spoed te verminder wanneer bestuur word in die teenwoordigheid van fietsryers en voetgangers.

Skets deur Mama Taxi

Ek is vanoggend weereens hieraan herinner in die spotprent / skets van Mama Taxi. Dit is belangrik vir die motoris om ook Suid-Afrikaanse padtoestande in ag te neem. Slaggate kom heel dikwels aan die kant van die pad voor en fietsryers mag noodgedwonge skielik uitswaai om ‘n slaggat te vermy!

Op GeselsVersekering wil ons nie net konsentreer op raad en wenke om moontlik die beste versekering te vind nie, maar ook op daardie padveiligheidswenke wat ons kan help om onnodige eise te voorkom. Daar is eenvoudig net te veel botsings wat nie as ongelukke beskryf kan word nie.  Ons moet aanvaar dat ‘n ongeluk ‘n skielike onvoorsiene gebeurtenis is. Indien jy aanhou om rakelings verby fietsryers te ry is ‘n botsing wel beide voorsienbaar en voorkombaar!

Versekering en Fietse

Besoek ook die volgende skakels oor die versekering van fietse in Engels:

Bicycle insurance is needed to cover cyclists from more than just a fall!

Mountain biking community warned to be alert of counterfeiters targeting cyclists

Mountain bikers warned to be alert to the threat of bike jacking in South Africa

Ons wil ook graag met ons fietryers inligting deel oor Padveiligheid en Fietry:

Fietsry en Padveiligheid

Cycling safely on South African roads and mountain bike trails

Cycling Safety Suggestions for South African Conditions

Posted on by jonckie

Comments Off on Laat genoeg spasie om botsings met fietryers te voorkom!