Identifiseer duidelik addisionele bekomstighede by jou voertuig se versekering

Die afgelope week het ek ‘n interessante bespreking gevolg op die webwerf van MyBroadband. Die bespreking was oor die versekering van voertuie waar daar ook heelwat ekstras [addisionele bykomstighede] aangekoop is wat sodoende die waarde van die voertuig verhoog.

Ek wil graag die navraag sommer so in my eie woorde woorde vryelik vertaal:

Navraag:

Hoe kan ek versekeraars oortuig om te verseker teen die koopprys?

“Ek het ‘n voertuig teen ‘n bepaalde markwaarde aangekoop. Ek het egter ook ekstras aangekoop vir die voertuig [‘n bykomende waarde van ongeveer 10%]. Ek sukkel om aan die versekeraars te verduidelik dat ek die voertuig wil verseker teen die vervangingswaarde van 110% en nie teen bloot net die markwaarde nie.

Die naaste wat ek hieraan kom is by MiWay wat verwag dat ek elke item afsonderlik spesifiseer en dan moet ek baie betaal om hierdie items saam met die voertuig te verseker!”

Hulp met navraag oor markwaarde en addisionele items

Ek het hierdie navraag ook verwys na ander deskundiges en wil graag hul antwoorde deel:

Discovery Versekering

Tradisioneel word premies vir voertuigversekering soos volg bereken:

Die aanvanklike premie word bereken volgens die markprys wanneer dit die vervaardiger verlaat en met insluiting van die vervaardiger se bykomstighede. Hierdie waarde word dan gekoppel met die jaarlikse waardevermindering en volgens die handleiding van voertuigverkopers soos gepubliseer deur Trans Union [ook algemeen bekend as Mead en McGrouther]

Kliënte kan die voertuig verseker vir hierdie markprys/” retail value” [die waarde waarteen die voertuig van ‘n handelaar gekoop sal kan word met inagneming van die ouderdom en afstande afgelê] of die markwaarde [die gemiddeld van die markprys en die waarde waarteen die handelaar die voertuig van ‘n eienaar sal aankoop] – dus die gemiddelde tussen die koop en verkoopprys van die voertuig.

Addisionele bykomstighede geinstalleer deur die handelaar of 3de party word dan afsonderlik verseker vir hul vervangingswaarde.

Hierdie 2 bedrae word dus saamgevoeg as die totale bedrag wat die kliënt dus moet betaal. In die geval van ‘n totale verlies word die kliënt dus vergoed vir beide die versekering soos bereken op die voertuig en bykomstighede.

Anton Ossip
CEO
Discovery Insure

• Outsurance

Dit is moeilik om ‘n persoon van hulp te wees op die wyse soos wat hy versoek. Ons verseker voertuie teen die markprys of markwaarde, of gebruik ‘n “genomineerde waarde” waar hierdie waarde nie beskikbaar is nie soos in die geval van voertuie van versamelaars.

Ons kan nie ‘n waarde bloot opblaas [opwaarts aanpas]met ‘n persentasie nie aangesien dit nie die werklike waarde van addionele bekomstighede mag weerspieël nie.

In die geval van ‘n eis moet ons verstaan watter bykomstighede of “nie-standaard” items is beskadig en wat die waarde daarvan is. Ons het dus volledige besonderhede oor hierdie items nodig.

By OUTsurance vereis ons van die kliënt om addisionele bykomstighede individueel te spesifiseer in ‘n lys. Daar sal ‘n premie bereken word op hierdie items en daar is gewoonlik ‘n laer ‘’excess” op hierdie items as in die geval van die voertuig.

[Vir die doeleindes van hierdie artikel is na “retail price” verwys as markprys]

Posted on by jonckie

Comments Off on Identifiseer duidelik addisionele bekomstighede by jou voertuig se versekering