Wie is die Ombudsman en kan hy help met ‘n dispuut oor versekering?

U mag dalk hoor by ‘n gekla oor versekering dat die klaer aanbeveel word om die geskil te verwys na die “Ombudsman”. Maar wie is die person en hoe kan hy U help?

Die Ombudsman speel ‘n baie belangrike rol in die skep van sekerheid oor versekering en die beskerming van beide die kliënt en die versekeraar. Ek het self op ‘n keer vir iemand bygestaan met sy papierwerk en met sy bewoording in ‘n skrywe aan die Ombudsman in ‘n geval waar die versekeraar wel later oortuig is om’n uitbetaling te doen in terme van die versekeringseis.

In hierdie bespreking wil ons fokus op die Ombudsman vir Korttermynversekring. Daar is ook ‘n Ombudsman vir Langtermynverskering en ander finansiële dienste.

Wie is die Ombudsman?

Die Ombudsman is eintlik nie een person nie – maar in werklikheid ‘n Kantoor van onafhanklike goed gekwalifiseerde persone wat aangestel is om beide die verbruiker en die versekeraar by te staan in die geval van ‘n dispuut oor ‘n versekeringseis.

Hierdie Kantoor het tot stand gekom in Augustus 1989. Die Kantoor van die Ombudsman vir Korttermynversekering voorsien aan verbruikers ‘n gratis, effektiewe en billike metode om geskille te besleg. Dit word ook beskryf as ‘n “geen risiko” meganisme om dispute op te los.

Aan die hoof van die Kantoor van die Ombudsman is 4 verteenwoordigers van verbruikers, 3 verteenwoordigers van versekeraars, ‘n verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging en ‘n verteenwoordiger van die Raad op Finansiële Dienste.

Die Kantoor kan verbruikers bystaan met onder meer die volgende soorte korttermyn versekeringsaangeleenthede

Voertuig
Huiseienaars [Geboue]
Huiseienaars [Inhoud]
Selfoon
Reis
Ongeskiktheid
Versekering vir Kredietbeskerming
Kommersiele Versekering op ‘n beperkte basis

Sal die Versekeraar luister en gehoorgee aan ‘n beslissing van die Ombudsman?

Die Kantoor van die Ombudsman is aan erkenning verleen deur die bepalings van die Raad op Finansiële Dienste en Wetgewing spesifiek van Toepassing op die Ombudsman. Ingevolge hiervan het alle kortermynversekeraars ingestem om gehoor te gee aan die beslisings van die Ombudsman.

Die Ombudsman se taak is om as tussenganger en “arbiter” op te tree en hy verteenwoordig dus nie enige van die partye in die geskil nie.

Wanneer die versekerde verbruiker ongelukkig is oor ‘n versekeringsdispuut moet hy die volgende in ag neem:

  • Die verbruiker moet eers kla by sy versekeraar, en eers indien dit nie moontlik is om die geskil met die versekeraar op te los nie, dan kan hy die aangeleentheid verwys na die Kantoor van die Ombudsman.
  • Die beslissing van die Ombudsman is bindend op die versekeraar – maar nie teenoor die versekerde verbruiker. Dit neem nie die reg weg van die verbruiker om verdere regsstappe te neem nie.
  • Die Kantoor van die Ombudsman is ‘n onafhanklike kantoor.
  • Die Ombudsman se beslissings kan basseer word op die reg of billikheid en die Ombudsman verleen nie regsadvies nie.
  • Hierdie diens is beskikbaar aan alle verbruikers.

 

Ons onderneem om op Gesels Versekering voorbeelde van hierdie beslissings aan te haal en te bespreek ten einde meer duidelikheid te bewerkstellig oor dispute wat dikwels voorkom.

Posted on by jonckie

Comments Off on Wie is die Ombudsman en kan hy help met ‘n dispuut oor versekering?