Roma wapper Toyota vlag in sneltrajek 5 van Dakar 2017

ORURO, BOLIVIË – Die 2017-Dakar-ren het met ’n groot gejuig afgeskop, maar baie van die topjaers het probleme in die eerste paar sneltrajekte opgedoen. Dit lyk asof dit die nuwe neiging is nadat Sneltrajek 5 van hierdie ikoniese ren vir nog ’n wipbal gesorg het: reën, reën en nogmaals reën. Dit was só erg dat […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Roma wapper Toyota vlag in sneltrajek 5 van Dakar 2017

Teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA tydens 3rde Snetrajek van Dakar 2017

SAN SALVADOR DE JUJUY, ARGENTINIË – Sneltrajek 3, wat as opwindende wipplankstryd tussen die voormalige Dakar-wenners Nasser Al-Attiyah (Toyota Gazoo Racing SA) en Stephane Peterhansel (Peugeot) begin en ’n kop-aan-kop-stryd in die sneltrajek oor 364 km geword het, het in teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA geëindig toe Al-Attiyah die vering van sy Toyota Hilux […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Teleurstelling vir Toyota Gazoo Racing SA tydens 3rde Snetrajek van Dakar 2017

Stewige vertoning deur Toyota Gazoo Racing SA in sneltrajek 2 van Dakar 2017

SAN MIGUEL DE TUCUMÁN, ARGENTINIË – Sneltrajek 2 van die 2017-Dakar het tot nog ’n puik vertoning deur die Toyota Gazoo Racing SA-renspan gelei toe Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel (#301), die tweede vinnigste rentyd van die dag losgejaag het. Hul spanmaats, Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz (#302), was […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Stewige vertoning deur Toyota Gazoo Racing SA in sneltrajek 2 van Dakar 2017

Noue ontkoming na botsing teen kragpaal in Oudtshoorn

4 Volwassenes en ‘n kind het vandag naelskraap ‘n vlammehel vrygespring toe die motor waarin hulle was ‘n paal getref en in vlamme uitgebars het. Die botsing het naby die Oudtshoornstasie op ‘n berugte brug oor die kanaal gebeur waar daar al verskeie botsings was. Die Opel Monza was vanaf Rooiheuwel se rigting op pad […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming na botsing teen kragpaal in Oudtshoorn

Toyota Gazoo Racing SA oorgehaal vir eerste sneltrajek van Dakar 2017

ASUNCIÓN, PARAGUAY – Vir die meeste mense is die eerste dag van die nuwe jaar tradisioneel ’n rusdag, maar die Toyota Gazoo Racing SA-renspan het Sondag 1 Januarie hul laaste renvoorbereiding vir die 2017-Dakar afgehandel, wat die seremoniële podiumgeselligheid in Asunción ingesluit het. Die seremoniële wegspring was ’n uithang-geselligheid waar elk van die deelnemers oor […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing SA oorgehaal vir eerste sneltrajek van Dakar 2017

Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2017

ASUNCIÓN, PARAGUAY – Die laaste dag van 2016 was ’n miernes van bedrywighede vir die Toyota Gazoo Racing SA-renspan wat die immer belangrike administratiewe en veiligheidsvoorondersoeke, die laaste hindernis voor die wegspring van die 2017-Dakar-ren, suksesvol afgehandel het. Die omvattende administratiewe en veiligheidsvoorondersoeke moes deur alle spanlede, wat die bemanning insluit, gedoen word. Dit het […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2017

Chinese toeriste gelukkig om ernstige besering vry te spring na ongeluk in Meiringspoort

‘n Groep Chinese toeriste wat na Lesotho onderweg was, is vanmiddag tydelik in Meiringspoort gestrand nadat een van hulle voertuie in ‘n botsing betrokke was. Die agt toeriste was in ‘n Honda Jazz en ‘n ingevoerde Toyota deur die poort onderweg toe die bestuurder van die Toyota hom met ‘n draai misgis het, ‘n padteken […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Chinese toeriste gelukkig om ernstige besering vry te spring na ongeluk in Meiringspoort

Klag van strafbare manslag na vermoedelike dronkbestuur in noodlottige ongeluk naby Oudtshoorn

  n Klag van dronkbestuur na ‘n botsing op die Calitzdorppad sowat 40 km vanaf Oudtshoorn vanaand word nou na ‘n klag van strafbare manslag verander nadat een van die beseerdes in die hospitaal oorlede is. Volgens ‘n ooggetuie wat byna self in die botsing betrokke was het ‘n wit Mercedes ‘n Toyota bakkie met […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Klag van strafbare manslag na vermoedelike dronkbestuur in noodlottige ongeluk naby Oudtshoorn

Dink baie mooi voor jy daardie ekstra drankie drink!!

Vanoggend ontvang ek ‘n e-pos met heelwat waarhede oor drank en die optredes van mense wat ‘n paar drankies te veel nuttig: Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is 1. Innoverend 2. Preliminêr 3. Verspreiding 4. Kaneelsuikerkorreltjie Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is 1. Spesifiseer 2. Anti-konstitusionalisties […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink baie mooi voor jy daardie ekstra drankie drink!!

Ons kan en moet rapporteer waar infrastruktuur padveiligheid bedreig!

Die Arrive Alive webwerf het die volgende inligting ontvang en gedeel met padverkeersowerhede: Wie dit mag aangaan: Ons staan aan die vooraand van nog ‘n verkeersdrukte op ons land se paaie, dog skyn dit asof daar van owerheidsweë ‘n slapte bestaan oor die instandhouding en verkeerstekens van hierdie infrastruktuur. Hierdie brug is ‘n belangrike verbinding […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Ons kan en moet rapporteer waar infrastruktuur padveiligheid bedreig!