De Villiers behou 2de Posisie ten spyte van probleme met navigasie tydens sneltrajek 9
14
January
CALAMA – Die 2015-Dakar het ’n wipbal in Sneltrajek 9 geboul wat nie net ’n uitdagende roete van Iquique na Calama was nie, maar een beheerpunt wat veral moeilik was om te kry, het die deelnemers op soek na die ontwykende baken in die stof van die Atacama-woestyn laat rondskarrel. Hoewel party spanne aansienlik tyd […]