Beurtkrag: Verlies van selfoonseine lei tot meer misdaad in platteland

Opsomming: Hoër vlakke van beurtkrag lei tot meer misdaad en verliese in boerderygemeenskappe. Die groeiende gebrek aan selfoonopvangs en -seine (agv beurtkrag) bemoeilik kommunikasie vir boere. Dit maak ook nooddienste ontoereikend.

Inleiding:

VL kry toenemend klagtes van boerderygemeenskappe rakende die nie-beskikbaarheid van selfoonseine/ netwerke in hul areas. Boere kla dat hul geen opvangs het nie, dat hul nie eens die kliëntediens-sentrums van selfoondiensverskaffers kan kontak om hul foutrapportering te doen nie. Daar word ook gemeld dat met beurtkrag en beperkte/nie beskikbaarheid van selfoonnetwerke, daar ‘n toename is van misdaad wat boere negatief op hul plase beïnvloed, dus vir hulle ’n groot veiligheidsrisiko is.

Die opname deur Vrystaat Landbou Landelike Veiligheidkomitee was daarom deur verskeie boerderygemeenskappe in die Vrystaat versoek.

Beurtkrag en misdaad

Vrystaat Landbou (VL) se Landelike Veiligheid komitee het in 38 Vrystaatse boerderygemeenskappe ʼn onlangse opname gedoen rakende die impak van beurtkrag op hul bedrywighede.

57,5% van respondente het aangetoon dat hul 40 en meer ure se beurtkrag per week ervaar. Dit verteenwoordig tussen 1 en 1½ werksdag / produksiedag per week wat tot niet is.

Dit is ‘n verlies van 14% tot 20% aan produktiwiteit elke week.

Die opname toon verder dat boere tydens beurtkrag gebuk gaan onder meer misdaad. Dit is:

40.55% van misdade hou verband met produk diefstal (diesel, saad, kunsmis tel)
24,9% infrastruktuur diefstal waaronder koperkabel-, sonpanele en sinkplaat diefstal
18,43% veediefstal
15,7% diefstal van implemente en voertuie.

64,4% van boere het aangetoon dat hul tussen 1 tot 4 misdaad insidente die afgelope 3 maande ervaar het wanneer beurtkrag plaasvind, terwyl 21 aangedui het dat hul tussen 5 –
19 misdaad insidente gehad het. Dit beteken dat moontlik tussen 323 tot 768 misdaad insidente tydens ʼn 90 dae periode op 2% van plase in die Vrystaat plaasgevind het.

Beurtkrag en selfoonnetwerke

Daar is gemiddeld 5 familielede op plase woonagtig. 92,5% van die persone gebruik Vodacom of MTN se diens. In 89.4% van gevalle het boere, hul families en werkers beperkte tot geen kommunikasie tydens beurtkrag.

93,12% van respondente het aangetoon dat hul selfoon probleme ervaar met of Vodacom of MTN buite beurtkrag skedules. Veral die gemeenskappe van Bultfontein, Clocolan, Dewetsdorp, Heilbron, Hoopstad, Jacobsdal, Kestell, Koppies, Marquard, Odendaalsrus, Petrusburg, Rosendal, Tweeling, Verkeerdevlei, Welkom se boerderygemeenskappe het aangedui dat die hele boerderygemeenskap toenemend negatief beïnvloed word deur swak selfoonseine/netwerke. Respondente skryf dit toe aan die impak van beurtkrag op die selfoonnetwerke.

Die opname deur Vrystaat Landbou het ook uitgewys dat 58% van plaaswerkers, hul families en boere nie nooddienste in die hande kon kry die afgelope 3 maande nie weens swak selfoonnetwerk seine agv beurtkrag.

Posted on by jonckie

Comments Off on Beurtkrag: Verlies van selfoonseine lei tot meer misdaad in platteland

Category: Veiligheid Tags :