Vrystaatse boere hou asem op na die reen

in die Vrystaat is bekommerd dat die optimale planttydperk besig is om uit te loop, nadat die provinsie die afgelope tyd bonormale reën ontvang het.

Hugo van Doornick, ’n boer in die Bethlehem area, sê dat ryp ’n groot kommer vir soja aanplantings vroeg in April word indien boere later as November plant. Hy noem ook dat boere in dié area reeds 208mm reën vir November ontvang het.

“Boere in die omgewing het sover bitter min geplant en dit wat reeds geplant is, versuip nou.” Afgesien van die baie nat lande, is talle boere blykbaar ook op hul plase vasgekeer as gevolg van die nat toestande.

Rudi Janse van Vuuren van Allanridge area, sê boere in sy omgewing het vir November reeds 201mm reën gekry. Hy sê dat die water op sommige dele van die S161-pad reeds ’n voet diep is. “Die landerye is geweldig nat. Water loop uit of staan op sommige plekke net.”

In die Marquard omgewing het boere net die afgelope 7 dae reeds tussen 100mm tot 150mm ontvang. Boere in die Rouxville omgewing het ook reeds by 160mm reën gekry en kan volgens Cois van Rooyen nie nou plant of lusern sny nie.

“Alhoewel ons dankbaar is vir die reën, het dit ook sy eie uitdagings.” meen Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou. “Afgesien van aanplantings wat versuip, rig die baie reën ook erge skade aan ons reeds verkrummelde padinfrastruktuur aan.

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaatse boere hou asem op na die reen

Category: Algemeen, Veiligheid