Staat se monopolie op entstof verskaffing bedreig lewendehawe produksie

Entstof tekorte teen Slenkdalkoors, Bloutong en Perdesiekte kan op ʼn krisis afstuur in die lewendehawe produksie bedryf. Volgens, Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL), sukkel die landbousektor toenemend om betyds toegang tot genoegsame entstowwe te verkry.

“Die staat het tans ʼn monopolie op die verskaffing van entstof, maar die regering faal om genoegsame entstof betyds beskikbaar te stel. Gevolglik kan landbou produsente nie hul inentingsprogramme ordentlik byhou nie”.

Volgens die Onderstepoort Biologiese Produkte (die staatsverskaffer van entstowwe) is die redes vir die groeiende tekort aan entstowwe toeskryfbaar aan: personeel stakings, beurtkrag en ʼn fout in hulle vriesdroër.

VL is van mening dat hierdie probleme by die OBP op bestuurs- en vaardigheidstekorte dui.

“Die enigste oplossing” meen Wilken, “is dat die privaat sektor toegelaat moet word om kritiese entstowwe te produseer om ʼn krisis in die produksie van vleis- en diereprodukte te voorkom”.

“Dit is nie in landsbelang dat die staat toevertrou moet word met ʼn monopolie op die land se diergesondheid nie. Die privaat sektor laboratoriums het reeds kapasiteit en kundigheid en kan baie gou kritiese entstowwe produseer.”

Posted on by jonckie

Comments Off on Staat se monopolie op entstof verskaffing bedreig lewendehawe produksie

Category: Algemeen