Regering faal misdaadgeteisterde Lesothogrens-boere

Onwettige aktiwiteite en misdade wat die veiligheid van elke boer, hul gesinne en werkers wat naby die suidelike Lesothogrens gebied geleë is nadelig raak, sal vandag tydens Vrystaat Landbou (VL) se besoek aan die gebied bespreek word. Opkomende sowel as kommersiële boere, wat deur oorgrens-misdadigheid geteiken word, sal die geleentheid saam met amptenare van die SAPD, SANW en Grensbestuur-owerheid (GBO) bywoon.

Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, sê die organisasie het reeds die afgelope 3-4 jaar verskeie versoeke aan die regering en LUR’e van Polisie, Paaie, en Vervoer gerig om behulpsaam te wees om die 18-20km grenspad te rehabiliteer sodat dit aanvaarbaar vir wetstoepassing is om die nodige grensbeskerming te verskaf en ook voorkomende operasies van stapel te stuur. Dit het egter geensins gerealiseer nie, en die aktiwiteite van die departement van openbare werke om ‘n grenspad en -heining op te rig, het ook geensins van die grond af gekom nie.

Boere in die Klaarwater/ Spring Valley/ Boesmanskop area, langs die suidelike Lesothogrens, is by moedeloos verby aangesien hierdie area ‘n deurgangsroete vir vermoedelik gesteelde goedere en veral vee na Lesotho is. Die onbegaanbare grenspad waarop operasies en patrollies deur die SANW, SAPD, GBO en boere moet plaasvind, kan nie realiseer nie..

““Ons wil die lot van hierdie vergete gemeenskappe en die mislukking van die regering se grondwetlike verpligting teenoor landelike gebiede en boerderygemeenskappe beklemtoon.” sê le Roux

Posted on by jonckie

Comments Off on Regering faal misdaadgeteisterde Lesothogrens-boere

Category: Veiligheid Tags :