Vrystaat Landbou ondersteun die maatreels om bek-en-klousiekte te beheer

“Indien die bek-en-klouseer uitbraak in die Vrystaat en ander provinsies nie bestry kan word nie, staan die Vrystaat en land voor die verwoesting van ons kommersiële veebedryf” meen Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou.

Dit sal gepaardgaan met die vernietiging van die uitvoer potensiaal van ons wol- en rooivleis produkte, insluitend wildsvleis, en massiewe ekonomiese verliese en gepaargaande werksverliese vir die land en die hele rooivleis waardeketting. “Vrystaat Landbou ondersteun die 21 dae verbod op die beweging van vee om enige verdere verspreiding van die hoogs aansteeklike virus te verhoed en versoek alle veeboere en die veebedryf, insluitend staat- en privaat- veeartse, om almal saam te werk om die deurdinkte, krities strategiese plan te laat werk.”

Bo en behalwe die verbod op die skuif van vee vanaf middernag vanaand (18 Augustus 00:00) sonder die nodige permitte binne die beperkinge van die wet, maan Vrystaat Landbou, RPO en NWKV alle veeboere om ook die nodige biosekuriteit en besmettingsmaatreëls toe te pas op hulle eie plase en ondersteun die inisiatiewe van ons lede wat reeds die nodige maatreëls in plek het en toepas met of sonder die hulp van die staat.

Lede van die publiek wat deur boere, die Departement van Landbou en/ of staatsveeartse op die pad gestop word om hulle voertuie en skoene te ontsmet word ook versoek om asseblief hulle samewerking te gee.

Met 18 positief bevestigde gevalle in die Vrystaat, is die versekering deur die Staatsveeartse gegee dat al 60 000 diere wat op die besmette plase opgemerk was, ingeënt is en moet 21 dae staan voordat die beeste veilig geskuif kan word sonder om enige virus af te skei.

Intussen moet aangrensende plase in die kwarantyn gebiede asook enige ander plase waarheen beeste geskuif was, asook plase langs die roetes, vir die volgende 21 dae waaksaam wees vir enige tekens van bek-en-klouseer en dit onmiddellik aan ‘n veearts rapporteer.

**Die Staatskoerant wat volgens die mediaverklaring van die Minister van Landbou van 16 Augustus, gister 17 Augustus 2022 gepubliseer sou word, is intussen vrygestel. .

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou ondersteun die maatreels om bek-en-klousiekte te beheer

Category: Algemeen Tags :