Twee sterf in noodlottige ongeluk op die R62, Calitzdorp

Die R62 waar die ongeluk vroeër vandag plaasgevind het is weer oop vir verkeer.

Twee mense het in die ongeluk gesterf.

Volgens inligting wat Oudtshoorn Courant ontvang het, was daar drie voertuie by die ongeluk betrokke.

FOTO’S: Ongeluk op R62, Calitzdorp

‘n Bakkie met ‘n sleepwaentjie wat uit Calitzdorp se rigting onderweg was het na bewering by ‘n plaashek ingedraai. Nog ‘n bakkie wat ook uit Calitzdorp se rigting gery het, het glo uitgeswaai en binne ‘n aankomende Corolla vasgery het.

Die oorledenes, ‘n pa en seun, was insittendes in die Corolla. Nog ‘n persoon is met beserings na die hospitaal geneem.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee sterf in noodlottige ongeluk op die R62, Calitzdorp

Category: Veiligheid, Voertuig