Vrystaat boere spandeer meer R6mil aan padwerke.

‘n Opname onder lede van Vrystaat Landbou (VL) toon dat boere in die Vrystaat vanjaar reeds 6 miljoen rand spandeer het om provinsiale en munisipale paaie te herstel.

Volgens Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou, belemmer die algemene agteruitgang van die provinsie se pad infrastruktuur nie net die toeganklikheid na arbeid en die lewering van produkte nie. Die toestand van ons provinsie se paaie het ook ‘n lewens gevaarlike risiko geword, weens talle ongelukke.

“Vanweë die gebrekkige regeringsvermoë en traagheid om paaie te herstel word boere toenemend gedwing om dit self te doen”. het Wilken gesê.

“Die R6mil syfer is onder die werklike koste is wat aangegaan is. Daar is baie werk aan paaie deur boere gedoen wat waarskynlik nie eens gerapporteer is nie” sê Wilken.

Indien geleentheidskostes, produksie tydsverliese, slytasie op toerusting, voertuig herstelwerk, by gereken word, sou die bedrag veel hoër gewees het.

VL is van mening dat die situasie die ergste in die Noord-Oos Vrystaat is. Byvoorbeeld, in die Thabo Mofutsanyana distrik is ‘n groep van 5 boere wat jaarliks (gesamentlik) meer as R1miljoen moet bestee om paaie gangbaar te hou. Indien hulle dit nie doen nie sou hulle nog hul graan; tuinbou en vee produkte aan markte kon lewer.

Briewe is al herhaaldelik met LUR’e en Ministers gewissel ten einde die strukturele probleem in die departement aan te spreek, sonder sukses. Ongelukkig lei die goeie werkverhoudings op grondvlak tussen boere en paaie amptenare weens die versuim om daadwerklike oplossings te bied op provinsiale vlak. VL is daarom in die proses om regsadvies in te win ten einde remedies vir die probleem daar te stel.

Wilken eindig om te se dat “Vrystaat Landbou se regspan ondersoek tans moontlike regsroetes ten einde die landbou gemeenskap se regte te beskerm en dienslewering te verseker. VL is vasbeslote om die saak ten volle te dryf.”

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat boere spandeer meer R6mil aan padwerke.

Category: Veiligheid Tags :