Vrystaat Landbou waarsku oor brandgevaar en risiko’s na eerste ryp in Vrystaat

Boere hoop vir nog drie weke grasie tydperk teen die winterkoue, sodat gesaaides droog genoeg kan word om te oes. Ryp het die afgelope drie oggende in die laagliggende dele van veral die Suid-Vrystaat voorgekom.

Volgens Johan Fourie, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL), het nag temperature in laagliggende dele van Dewetsdorp, Wepener en Vanstadensrus laag gedaal en het ryp die afgelope drie nagte voorgekom. Fourie sê dat aanplantings op dié stadium gelukkig nie skade toon nie.

Aldus Kempen Nel, VL streekverteenwoordiger, hoop boere in die Jacobsdal-area op nog drie weke sonder ryp sodat aanplanting genoegsame tyd het om droog te word.

Intussen waarsku dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, dat boere bewus moet wees van brandgevaar na die ryp. “Die afgelope seisoen se goeie reën het bygedra tot goeie veld- en groeitoestande. Die veld en veral hoë gras langs die paaie hou egter ’n brandgevaar in.” waarsku Armour. “Sanral het aangedui dat hul kontrakteurs eers vanaf 14 Mei die gras sal begin sny nadat dit behoorlik geryp het.” sê Armour. VL moedig daarom brandbeskermingverenigings (BBV’s) aan om hul strukture en toerusting in plek te kry.

Armour verduidelik ook dat die laat reën wat gedurende Desember en Januarie in groot dele van die Vrystaat voorgekom het en wat in sommige dele tot vloedskade gelei het, ’n groot invloed op aanplantings het. “Talle boere se aanvanklike aanplantings het verspoel en moes oorgeplant word. Dit het ’n groot finansiële impak op boere. Indien dit dus te vroeg sou ryp en die laat aanplantings ook skade kry, sal dit vir talle boere ’n groot slag wees.”

Also View:

Safety with Grass Cutting, Vegetation Control and Roadside Maintenance

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou waarsku oor brandgevaar en risiko’s na eerste ryp in Vrystaat

Category: Algemeen Tags :