7-Jarige sterf in botsing in Oudtshoorn

Die Oudtshoorn-polisie het by navrae bevestig dat ‘n klag van strafbare manslag teen die bestuurder van ‘n voertuig geopen is na ‘n 7-jarige seun vanoggend in Dassieweg doodgery is. Na bewering was die 26-jarige bestuurder op pad om sy vriendin se kinders by die skool af te laai toe die ongeluk gebeur.

Volgens die bestuurder, het hy op die toneel gestop na die ongeluk plaasgevind het, maar die gemeenskap het glo oproerig geraak, waarna hy na die polisiestasie gery het om die voorval aan te meld.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7-Jarige sterf in botsing in Oudtshoorn

Category: Veiligheid Tags :