Vrystaat Landbou protesoptog teen plaasmoorde in Hennenman

Vrystaat Landbou (VL) organiseer in oorleg met Hennenman boerevereniging ‘n vreedsame protesaksie vir Maandag,16 November in Hennenman tydens die borgaansoek van Pieter en Eddie Hills se aanvallers.

“Vrystaat Landbou sal wil sien dat geen borg toegestaan word aan kriminele wat gearresteer is vir betrokkenheid by ‘n plaasaanval of –moord nie.” het Francois Wilken, president van VL, gesê.

VL nooi enige persoon, organisasie of instansie wat hulle met die #StopPlaasmoorde-veldtog vereenselwig, om aan die protes deel te neem.

Reëls:
1) Geen geweld of rassisme sal geduld word nie
2) Korrekte optrede
3) Almal is welkom

TP Theron, voorsitter van Hennenman boerevereniging sê dat deelname van lede van alle politieke partye verwelkom word, hetsy dit in hul privaat hoedanigheid geskied.

VL versoek dat persone wat bywoon genoeg drinkwater, ‘n hoed, masker vir Covid-regulasies en ‘n blom (vir diegene wat aan die kranslegging wil deelneem) saambring.
Die besonderhede van die protesaksie is soos volg:

Datum: Maandag,16 November 2020
Tyd: 08:00
Plek: Voortrekkerstraat, Hennenamn

Media navrae: kontak Francois Wilken, President van VL, by 083 390 1831 of Tommie Esterhuyse, Vise-president van VL by 082 782 0668

 

 

Vrystaat steier onder nog ‘n plaasaanval in Goudveld

Mark Regal, ‘n boer van die plaas Thelma in die Odensdaalsrus-omgewing, is op 11 November om ongeveer 19:40 noodlottig gewond. Een aanvaller is op die toneel dood, terwyl die polisie vermoed dat nog ‘n aanvaller te voet gevlug het.

Rudi van Vuuren, veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL), het bevestig dat die SAPD vinnig op die toneel was.

Vrystaat Landbou betuig sy innige simpatie met die Regal-gesin.“Dit is onaanvaarbaar. Die landbougemeenskap, maar ook die hele land, is keelvol vir die misdaad aanslag op onskuldige mense.” het Francois Wilken, president van VL, gesê.

Die landbougemeenskap van Hennenman is nog in skok na die onlangse moord op Pieter Hills. Sy seun, Eddie, wat ook tydens die plaasaanval ernstig gewond is, het op 11 November weens sy beserings beswyk.

VL sal in oorleg met Hennenman boerevereniging ‘n vreedsame protesaksie in Hennenman voer op Maandag, 16 November tydens die borgaansoek van Hills se aanvallers.”VL sal wil sien dat kriminele wat vir plaasaanvalle- en moorde gearressteer word, geensins borg ontvang nie.” het Wilken gesê.

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou protesoptog teen plaasmoorde in Hennenman

Category: Veiligheid Tags :