VL vervul fasiliteringsrol tussen Oos-VS boere en SAPD

Vrystaat Landbou (VL) was op 23 November 2020 betrokke in die fasilitering van ‘n vergadering tussen die Harrrismith Distrikslandbou Unie, Verkykerskop Landbou, Sterkfontein Landelike Veiligheid asook die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit volg op ‘n versoek vanaf die Harrismith Distrikslandbou Unie om behulpsaam te wees in probleme wat met betrekking tot dienslewering asook die aanspreek van klagtes deur die boerderygemeenskap in die area ondervind en met senior bestuur van die SAPD in die Oos-Vrystaat gekommunikeer moet word.

Verskeie punte van belang is tydens die vergadering bespreek wat insluit maar nie beperk is tot:

  • Die beskikbaarheid van hulpbronne en mannekrag,
  • Opleiding van polisielede,
  • Terugvoer wat betref ondersoeke,
  • Vertroue tussen die gemeenskap en die polisie, asook
  • Die misdaadsituasie op die Lesotho grens.

Intelligensie wat betref misdaad is essensieël en as sulks behoort die Misdaad Intelligensie-afdeling van die polisie ook ’n wesenlike rol te speel in die stryd teen misdaad. In hierdie opsig is dit noodsaaklik dat ‘n berriggewersnetwerk bedryf word om veral op pro-aktiewe optrede te fokus. Dit kan egter ook ’n rol speel in gevalle waar die misdaad alreeds plaasgevind het. Die vergadering is ondere andere ook bygewoon deur Advokaat George Galloway wat die Harrismith Distrikslandbou Unie voorsitter is en Mnr Jan Van Niekerk, die voorsitter van Verkykerskop Landbou Unie.

Tommie Esterhuyse, vise – president van VL het die vergadering gelei en het aangedui dat kwelpunte soos tydens die vergadering geopper, ’n invloed op dienslewering het en daarom is dit belangrik dat kommunikasiekanale met die relevante strukture op ‘n hoë standaard is. In die lig van die gesprekke wat onlangs met die Minister van Polisie plaasgevind het, is dit ook belangrik dat senior bestuur in die spesifieke area kennis dra van die gemeenskap se frustrasies en daar na oplossings gesoek sal word. Die partye het ooreengekom dat meer terugvoer wat betref die kwessies uitgelig voorsien moet word en is ‘n opvolgvergadering geskeduleer vir die tweede week in Januarie 2021.

Posted on by jonckie

Comments Off on VL vervul fasiliteringsrol tussen Oos-VS boere en SAPD

Category: Veiligheid Tags :