Huidige behoeftebepalings van Wes-Vrystaatse boere deur brande geraak

Die boeregemeenskap is oorweldig deur die vrygewigheid van die publiek en bedank almal wat hul harte oopgemaak het om die boere en boeregemeenskap wat deur die brande geraak is, te help.

Die Boshof- en Hertzogville gemeenskappe wat die ergste deur die onlangse veldbrande geraak word, pleit by skenkers om die volgende drie maande die broodnodige voer vir vee oor te hou. Ons is ook bewus van die desperate benoudheid van die boere wat steeds onder die verskriklike langdurige drooge ly en vra donateurs om donasies van voer eerder nader aan te wend as om dit aan die Vrystaat te lewer.

Boere in die gebiede Hoopstad, Hertzogville, Boshof en Dealesville werk hard om die logistiek te koördineer om die voer wat geskenk is, veilig by die aflaaiplekke in te neem vir die sowat 300 boere wat deur die brande geraak word.

Die huidige behoeftebepalings is vir voedingsaanvullings soos korrels, lekke en melasse om die droë gras en bale wat geskenk word, meer smaaklik te maak en die vee weg te hou van die sagte graslote wat uitloop na die brande en welkome reën wat die afgelope naweek uitgesak het. Produkte wat spesifiek aangevra word is:

– LS33 – Melassestroop / meel
– Meester 20 – Super 18 ens.

Vrystaat Landbou kyk na die gebruik van die fondse wat geskenk is om veevoer en korrels in groot maat in te koop, om diesel te betaal vir die vervoer van voer- en veeskenkings die naaste aan die betrokke gebiede en vir dit wat die boere nodig het om hul plase te herbou en te herstel (omheiningsmateriaal en veesuiping) asook vir die georganiseerde en billike herverdeling van die skenkings binne die betrokke gebied aan boere volgens die gedetailleerde impak en behoeftebepalings wat nog gedoen word.

Diegene wat nog donasies aan die rampfonds wil doen, kan die woord SKENK na 37846 SMS (R1 / sms. – B’s & V’s geld) en ons skakel u terug.

Posted on by jonckie

Comments Off on Huidige behoeftebepalings van Wes-Vrystaatse boere deur brande geraak

Category: Algemeen Tags :