Groot skade na brandstigter bale voer aan die brand steek buite Oudtshoorn

‘n Brandstigter wat Sondagoggend omstreeks 01:00 voerbale in drie afsonderlike skure aan die brand gesteek het, het ‘n verlies aan voer van bykans R2 miljoen beteken.

Volgens Joey Potgieter wat saam met sy broer Dirkie tussen Oudtshoorn en Calitzdorp boer is hulle 99% seker van die identiteit van die brandstigter.

Volgens hom het die persoon eers een skuur se bale aan die brand gesteek en ongeveer 40 minute later nog twee skure wat ongeveer 1,5km van die eerste een is.

By die tweede perseel was die brand baie naby aan ‘n stoor met masjienerie en volgens Potgieter kon hulle met die hulp van die brandweer die brandende bale onder die skuur uitstoot om te vehoed dat die ander geboue aan die brand slaan.

“Verskeie van ons werkers het die man Sondagnag gesien. Hy het ‘n lang kriminele rekord en was een van die gevangenes wat met Covid deur die president vrygelaat is.

“Kort na sy vrylating is sy vingerafdrukke aan drie nuwe inbrake gekoppel en terwyl ons gespook het om die vlamme te blus het hy by buitegeboue op ons plaas probeer inbreek. Teen Maandagoggend is die verdagte nog nie opgespoor nie, maar volgens Potgieter is dit net ‘n kwessie van tyd.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot skade na brandstigter bale voer aan die brand steek buite Oudtshoorn