Kry jou besigheid gereed vir bewustheid oor COVID-19!

In die lig van die ontwikkelinge rakende COVID-19, wil ons eerstens sê dat ons gedagtes en gebede by almal is wat deur die virus in Suid-Afrika en wêreldwyd geraak word.

Ons wens almal sterkte toe gedurende hierdie moeilike tyd en moedig u aan om die gesondheid en veiligheid van uself, u familie en ander in u gemeenskap te prioritiseer. Baie dankie en saluut aan die voorste linie werkers, mediese personeel, vragmotorbestuurders en ander noodsaaklike dienste werknemers wat onvermoeid agter die skerms werk.

Alhoewel die COVID-19-pandemie die manier waarop ons leef, studeer, werk en met mekaar verbind, verander het, het dit ook die kenmerkende krag en deernis wat Suid-Afrikaners deel, aan die lig gebring. Saam sal Suid-Afrika die virus oorkom.

In die woorde van Nelson Mandela; “It always seems impossible until it’s done.”

Aangesien die Vlak-4-inperkingsregulasies voorsiening maak vir sommige ondernemings om terug te keer werk toe, sal ondernemings verantwoordelik wees om voortdurend bewustheid te skep en goeie praktyke te implementeer om die verspreiding van die Coronavirus te bekamp ten einde ‘n veilige werksomgewing vir werknemers, kontrakteurs en die publiek te skep.

Vir meer Inligting: Foresight Publications

Posted on by jonckie

Comments Off on Kry jou besigheid gereed vir bewustheid oor COVID-19!

Category: Besigheid Tags :