Bestuurder verloor beheer van voertuig en ry deur heining van huis vir bejaardes

Die bestuurder van ‘n blou Volkswagen Polo is vanmiddag met ‘n armbesering deur paramedici hospitaal toe geneem nadat hy beheer oor sy voertuig verloor en deur Helen Bellighanhof se heining geploeg het.

Die ongeluk het op die hoeke van St. Saviour en Condor straat plaasgevind.

Volgens bystanders op die toneel het die bestuurder vanuit die Oudtshoorn-gholfbaan se rigting in St. Saviour straat bestuur en wou hy regs in Condorstraat swenk toe hy blykbaar weens spoed deur die heining gebars het.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder verloor beheer van voertuig en ry deur heining van huis vir bejaardes

Category: Voertuig Tags :