Bestuurder beseer toe bakkie die pad verlaat in Oudtshoorn

Die bestuurder van ‘n Isuzu-bakkie is vanoggend deur paramedici hospitaal toe geneem nadat hy beheer oor die bakkie verloor het. Hy het vermoedelik ’n heupbesering opgedoen. Die ongeluk het op die hoek van Andersonstraat en Parkweg plaasgevind.

Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant op die toneel bekom het, het die bestuurder se deur blykbaar oopgegaan toe hy in die draai op pad na Andersonstraat toe was.

Die bakkie het deur ‘n heining gebars en in ‘n sloot beland.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder beseer toe bakkie die pad verlaat in Oudtshoorn

Category: Veiligheid, Voertuig Tags :