Hoe verbeter ons die padgedrag op ons paaie?

Graag deel ons hiermee ‘n paar voorstelle gestuur aan die Arrive Alive webstuiste:

Goeiedag! Ek het vanoggend (27 01/2020) na die gesprek oor padveiligheid op RSG geluister en neem die vrymoedigheid om my vertoë aan u te stuur. Ek het hierdie brief al ‘n paar jaar gelede geskryf en aan die minister se kantoor gestuur, maar dit het niks opgelewer nie.

Ek woon in Pretoria, en moet gereeld koes vir roekelose bestuurders. Gebruik gerus die inhoud hiervan as dit kan help. (Eintlik is die hele saak die gebrek aan gehoorsaamheid … dit kom basiese neer op die gebrek aan opvoeding tuis en wat daarop volg.)

Beste wense!

Marie

PADONGELUKKE . RESULTAAT VAN PADGEDRAG TUIS

Dit het min waarde om padgebruikers vakansietye oor die radio te maan om hulle te gedra, binne spoedbeperkings te hou, nie kanse te waag nie, bedagsaam te wees, nie te drink en bestuur nie as hulle dit nie in eie dorp, stad of distrik doen nie.

DIE OPLOSSING?

1. Die Departement van Vervoer / Verkeer en stadsrade behoort sodanig te begroot sodat genoeg verkeersbeamptes in dorpe en stede aangestel kan word.

2. Sekere besige kruisings moet op gereelde basis beman word en beamptes moet meer sigbaar wees.

3. Daar moet daadwerklik teen oortreders opgetree word wat:

    • Spoedbeperkings oortree, hetsy in dorpe en stede of op die oop pad;
    • Oor oranje ligte jaag in plaas daarvan om spoed te verminder;
    • Motoriste wat oor sperstrepe ry of stilhou by verkeerstekens;
    • Motoriste wat oor rooi ligte ry;
    • Motoriste wat tussen verkeer deurvleg en indruk;
    • Motoriste wat ‘n selfoon vashou terwyl hulle bestuur.

4. Dissiplineer bestuurders:

    • Om nie op enige verbode plek, byvoorbeeld langs ‘n geel of rooi streep te stop nie, onder andere nadat oor ‘n kruising gery is nie – veral by besige kruisings;
    • Om gehoor te gee aan ‘n padteken wat aandui dat daar slegs links of regs gedraai mag word uit ‘n baan;
    • Om nie oor sperstrepe of vaste strepe te ry, of verby te steek nie;
    • Om algemene padreëls toe te pas.

OPMERKING Kan daar nie vir ‘n tydperk lank (byvoorbeeld vir twee maande, 6 maande of selfs ‘n jaar) volgehou word met aksie deur die verkeersdepartement om elke dag, veral met spitstye, strategiese punte te beman nie en streng op te tree?

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe verbeter ons die padgedrag op ons paaie?