Diefstal van tabak lei tot botsing teen muur in poging om te ontvlug

Mense wat daarvan beskuldig word dat hulle tabak uit ‘n plaas se tabakstoor gesteel het, is gisteraand aangekeer nadat hulle in ‘n muur vasgery het. Volgens kaptein Louis Visser, woordveorder van die Oudtshoorn polisie, het die botsing omstreeks 20:45 op die hoek van Bloem- en Jonesstraat gebeur.

Volgens hom is die voertuig omstreeks 20:30 op die plaas Buffesldrift opgemerk waar tabak glo uit ‘n tabakstoor gesteel is. ‘n Werknemer van die plaas het die voertuig, ‘n blou Golf, agternagesit toe dit wegjaag.

“Op die Hoek van Bloem- en Jonesstraat het die bestuurder beheer verloor en in ‘n heining vasgery. Die bestuurder en passasiers is in die hospitaal opgeneem vir behandeling. Daar is beslag gelê op tabak,” het Visser gesê.

Die polisie ondersoek klagtes van diefstal sowel as roekelose en nalatige bestuur.

Niemand is op die stadium gearresteer nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Diefstal van tabak lei tot botsing teen muur in poging om te ontvlug

Category: Besigheid Tags :