Twee sterf in botsing teen betonversperring buite Oudtshoorn

Slegs vier dae nadat ‘n persoon in De Rust in ‘n botsing dood is, was daar vanoggend weer n noodlottige botsing.

Twee mans is dood en drie ernstig beseer toe hulle VW Golf ‘n betonblok op die De Rustpad getref het.

Die botsing het vanoggend net na middernag by die treinbrug ongeveer 6 km buite Oudtshoorn gebeur.

Die Golf met vyf insittendes was vanaf Dysselsdorp na Oudtshoorn onderweg toe dit ‘n betonversperring links van die pad getref het.

Met die aankoms van nooddienste op die toneel was twee insittendes reeds dood.

Geen identiteite is nog deur die polisie bekend gemaak nie. Volgens verdere inligting is twee van die beseerdes na George oorgeplaas.

Posted on by jonckie

Comments Off on Twee sterf in botsing teen betonversperring buite Oudtshoorn

Category: Algemeen Tags :