Vrystaat Landbou lewer insette oor toestand van paaie

Vrystaat Landbou (VL) het insette gelewer tot ’n brief wat aan die Departement van Paaie oorhandig is om padprobleme aan te spreek. Volgens Dr Jack Armour, Bedryfsbestuurder van VL, het Agri SA op 26 April 2019 met die Nasionale Departement van Vervoer vergader en het sy organisasie insette gemaak oor die sistemiese probleme wat aangespreek moet word.

Armour het gesê VL hou op 7 Mei 2019 ’n opvolgvergadering in sy provinsie met die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer.

“Vrystaat Landbou besef die toenemende verslegtende toestand van ons provinsie se paaie na die onlangse goeie reën oor die hele provinsie,” het hy gesê. “Die departement van paaie begin met ’n nuwe begrotingsjaar en hopelik sal daar hernude aksie op die paaie wees.”

Klik hier om Agri SA se brief te sien.

Waar paaie egter intussen dringend aandag nodig het en waarby die plaaslike paaiekantoor nie kan uitkom nie, kan padgebruikers wat gewillig is om iets daaraan te doen met die paaiekantoor reëlings tref vir ’n samewerkende projek. Dit word Letsema-projekte genoem.

Klik hier vir ’n kopie van die samewerking en vrywaringsvorms.

Klik hier vir ’n vorm vir eise wat gemaak kan word vir skade aan voertuie weens swak paaie.

For the English Version:

Free State Agriculture provides input on roads and road repair

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrystaat Landbou lewer insette oor toestand van paaie