Ctrack Iris is ‘n spelwisselaar in videomonitering en telematika

Ctrack, ‘n voorste telematika- en opsporingsdiensverskaffer, het die Ctrack Iris bekend gestel. Iris is ‘n hoëgehalte-, pasmaak-videomoniteringsoplossing, wat ideaal is vir huurvoertuie, ligte afleweringsvoertuie, vlootvoertuie, swaar handelsvoertuie, algemene masjinerie en busse.

Danksy Ctrack Iris kan vlooteienaars die aantal versekeringseise wat hulle indien, verminder, en ook verseker dat die eise wat hulle wel indien, baie vinniger afgehandel en uitbetaal word. Iris kan ook gebruik word om brandstofverbruik te verminder en om voertuiginstandhouding te verbeter danksy beter bestuurspraktyke, terwyl dit ook kan help om diefstal van diesel en goedere tydens vervoer te beperk.

Deur die aktiwiteite van voertuigbemannings te monitor, is dit moontlik om maatskappyprosesse en -prosedures te verbeter en toe te pas, en om diefstal, stelery en voorraadskade te verminder. Voorts kan die nuwe video-oplossing van Ctrack, tesame met ‘n opsporingtoestel, voertuigroetes optimaliseer, ladingfrekwensie vergroot en omkeertye verhaas.

Individuele klante kan die getal kant- en trukameras (IP69) spesifiseer. Video-opnames kan in agt gehaltestelling gemaak word, van CIF tot 1080p. Lewendige, intyd-videostroming kan op mobiele toestelle gemonitor word.

Afgesien van die kameras is die oplossing verder toegerus met agterdeursnellers, ‘n sluitbare videotoestel, tweerigting-kommunikasiestelsel, uitputting- en aandagmonitering en ‘n boord/truskern. GPS, Wi-Fi, 3G en ‘n versnellingsmeter kan ook ingesluit word.

Ctrack Iris word gesteun deur webgebaseerde rekenaarprogrammatuur en ‘n wagwoord-beskermde mobiele toepassing. Hierdie platforms verskaf Geofence/Point-of-Interest-inligting, lewendige opsporing en video- en instrumentpaneelbestuur.

“Ctrack verskaf moniteringstoerusting wat vervaardig word van hoëgehalte-komponente. Sy video-eenheidmodelle is die beste in hul klas, gevolglik is daar die minimum-manktyd en -stelselonderhoud. In wese is Ctrack Iris ‘n volhoubare, langtermyn-video-opsporingsoplossings van die hoogste rang,” sê Hein Jordt, Besturende Direkteur van Ctrack.

Posted on by jonckie

Comments Off on Ctrack Iris is ‘n spelwisselaar in videomonitering en telematika