Onwettige vuurwerke vernietig in Suid-Kaap

Die polisie se plofstofeenheid in Mosselbaai het bykans R30 000 se vuurwerke wat by lede van die publiek gekonfiskeer is, by die brandweerstasie op Oudtshoorn gehaal.

Die vuurwerke is gedurende Desember deur die brandweer en wetstoepassers gekonfiskeer. 

Die afvuur van vuurwerke is onwettig in Oudtshoorn en geen lisensies word toegeken vir die verkoop van vuurwerke nie. 

Een onderneming wat oor ‘n lisensie beskik het, het die lisensie verloor aangesien die winkel van perseel verander het en die lisensie dus nie meer geldig is nie.

Volgens inligting wat die Oudtshoorn Courant ontvang het word groot hoeveelhede vuurwerke vanaf George aangery en onwettig in die woonbuurte verkoop.

Inwoners word daarop gewys dat alle vuurwerke summier gekonfiskeer sal word en dat daar tans geen wettige verkopers van vuurwerke in die dorp is nie. 

Die verkoop en afvuur van vuurwerke is ook in Mosselbaai verbied.

Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Onwettige vuurwerke vernietig in Suid-Kaap