Ek was in ‘n ongeluk! Watter bewyse kan ek afneem met my selfoon?

Daardie oproep!

Hiermee meegaande radio verskyning wat Stan Bezuidenhout van Crash Guys Internasionaal op Pretoria FM Radio gemaak het, om sy doenlysie met pad-verbruikers te deel.

Terwyl mense nooit ooit onwettig of ongevoelig moet optree nie, kan pad-verbruikers heel effektief wees met die inwining van getuienis by hulle eie botsings of dié van familie, vriende of kollegas.

Hierdie is ‘n kort doen-lysie, ontwerp om die absolute mindere maar tog mees belangrikste getuienis te kan kry deur middle van jou selfoon kamera te gebruik. Jy moet dus die volgende prober afneem, sonder om wets-toepassers se werk te belemmer of geslote tonele te betree:

1. Die posisies en orientasies van voertuie op die toneel, relatief to the toneel in geheel, mekaar en landmerke wat maklik beskikbaar is.

2. Die algemene toneel, van ver genoeg, om te wys hoe en waar voertuie en alle elemente tot rus gekom het. Dit is ideaal om dan die hele toneel in jou foto in te pas en om van verskeie rigtings aft e prober fotos neem.

3. Al vier kante en hoeke van alle betrokke voertuie en selfs sleep-waens. Dit is belangrik om op hierdie fotos die hele voertuig in te sluit, om duidelik te wys presies waar op die voertuig skade is, ens.

4. Die spesifieke skade aan elke voertuig. Dit is beste om skade van naby genoeg af te neem maar nog steeds duidelik uit te wys waar op die voertuig die skade is. Neem sommer van skade van drie hoeke af en van bo, as jy kan.

5. Neem fotos van lisensie-skywe van alle voertuie en sleepwaens. Die skywe sluit informasie in oor voertuig gewigte, passassiers-kapasiteit, ens. Alles belangrik vir analise.

6. Neem die voertuie van alle bywonende dienste en privaat voertuie ook af. Dit mag details insluit van die eenhede was teenwoordig was, ooggetuies se voertuie, ens.

7. Alle fisiese merke en getuienis op of in die pad or area van die toneel. Sluit band-merke, scrape, stukke, vloeistowwe en alles in wat nie op die toneel hoort nie. Onthou om ver genoeg te staan om te wys waar jy dit gevind het.

8. Neem fotos van enige obstruksies, bou-werk, groot bome, mure, ens. Alles wat besturders, getuies of slagoffers se sig kon belemmer. Onthou om te neem van waar en hoe hoog almal sou wees, ten tye van die botsing.

9. Neem fotos van Bestuurders Lisensies, maar vra mooi en gee ook joune. As jy kan, kry besigheids-kaartjies or ID boeke of enige ander vorme van identifikasie vir alle betrokke partye, slagoffers en ooggetuies.

10. As daar enige verandering of kontaminasie plaasvind, soos as voertuie op gesny word om mense te bevry of as trokke opgetel moet word, ens, kry maar fotos daarvan ook. Skade kan maklik veroorsaak word wat later verwarring kan saai.

Hierdie doenlysie sal jou in ‘n posisie plaas om die mees basiese maar belangrikste getuienis in te win en om latere skuld, verantwoordelikheid of selfs kriminele klagtes af te weer.

Voel vry om hierdie lysie te verspry en te deel, solank die skrywer erken word en die inhoud onveranderd bly.

© Stan Bezuidenhout, 2018. – Crash Guys International.
www.crashguys.info

Posted on by jonckie

Comments Off on Ek was in ‘n ongeluk! Watter bewyse kan ek afneem met my selfoon?