Kommer oor swaar vragmotorverkeer in Lydenburg area

Die Arrive Alive webwerf het ‘n e-pos ontvang waarin motoriste kommer uitspreek oor die swaar vragmotorverkeer in die bergpasse naby Lydenburg:

“Goeie dag! Ons hier in Lydenburg het n Groot probleem met al die trokke wat deesdae op die pass ry! Hulle ry ons paaie eerstens stukkend en dan is hulle BAIE onverskillig.

Ek het by verskeie geleenthede moes aanskou hoe een trok by n ander verbygaan op n soliede lyn.

In die laaste 3 dae weet ek van 4 ongelukke waarby trokke betrokke was. Een daarvan moes die pass vir ure gesluit word! Die trok maatskappy het ook die kwotasie van ons plaaslike mense geweier vir die skoonmaak van die pad waar die diesel gemors het op die pad!

Die Bambi/Badfontein pad is so stukkend gery deur die trokke dis n gevaar vir enige persoon wat dit ry!

Ons as inwoners van Lydenburg het nou genoeg gehad! Ons arme dorp se paaie is net so stukkend gery! N mens kon in sekere strate nie meer ry nie.

Ek doen n Groot beroep op u om ASB in te gaan op die saak en tot ons hulp te kom voor nog mense hulle lewens gaan verloor! Ek sluit n skakel in van n ongeluk wat die week gebeur het! Ek het altesaam 32 trokke getel.”

Besoek ook:

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Kommer oor swaar vragmotorverkeer in Lydenburg area