Noue ontkoming vir motoris na vragmotorbestuurder agter stuurwiel aan die slaap raak

Die Arrive Alive webwerf is in kennig gestel van ‘n inskrywing op Facebook waarin ‘n motoris fotos deel van sy noue ontkoming nadat die bestuurder van ‘n vragmotor agter die stuurwiel aan die slaap geraak het!

“Mense, vir die van julle wat gewonder het hoekom ek stil was vir ‘n paar dae. Ek was oppad van Sasolburg na Pretoria toe hierdie trokdrywer agter die stuur slaap. Ek is die gelukkige ou in die wit Hilux. God het my hand vasgehou en gekeer dat ek die aarde verlaat. Ek is vol knoppe en blou kolle, met moontlike los en gebreekte skroewe in my rug, maar ek is lewendig en by die mense vir wie ek lief is. Dankie aan almal wat gebel het of ‘n boodskap gestuur het, ek waardeer dit vreeslik Baie.

Hein Roux”

Besoek ook:

Truck Drivers and Bad Driving Habits

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming vir motoris na vragmotorbestuurder agter stuurwiel aan die slaap raak