Meer sigbare leerders is veiliger leerders!

Die Arrive Alive webtuiste het die volgende e-pos ontvang van ‘n onderwyser in die Suid-Kaap:

“My naam is … Ek is ‘n opvoeder by Primary….naby George. Ons skool se leerders word met Busse vervoer vanaf sekere punte (plase) tot by ons skool en terug. Baie leerders moet eers ‘n paar kilometer stap tot by die naaste optelpunt. Sommige leerders kwalifiseer nie om met die bus te kan ry nie omdat die afstand van hul plaas tot by skool nader as 7km is, so van hulle moet 5 – 6 km stap skool toe en terug. Optelpunte is deur die onderwysdepartement vasgestel. Daar is ook punte op die R102 (ou lughawe pad tussen George en Grootbrak).

Ons het 2jaar terug veiligheidsbande van jul ontvang toe jul ons skool besoek het. Ons wil asb dringend weer op jul knoppie druk en vra vir bande. Dit speel ‘n groot rol wat veiligheid betref. Mense hul possitiewe kommentaar gelos op Sosiale media en koerante oor die kinders wat so sigbaar is. Ons het aan elke kind ‘n band gegee en dit is verpligtend om dit te dra. Baie leerders het nog hul bande, maar dis beskadig en stukkend. Ons wil graag weer n groot poging aanwend om veiligheid van ons kinders as baie belangrik te plaas.

Sal u asb na my versoek kyk en ons hand vat met hierdie poging.

Dit word opreg waardeer.”

Hierdie versoek is verwys na die “Safely Home” veldtog in die Wes-Kaap en ons is verheug om te bevestig dat hieraan aandag gegee sal word!

“Dear All

We will certainly assist with the provision of reflective bands for the learners. Zami from our office in George will make contact…”

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Meer sigbare leerders is veiliger leerders!