Vrouebestuurder beseer, baba in karstoeltjie ongedeerd na botsing met insleepvoertuig

Die bestuurder van ‘n Toyota Yaris is met beserings hospitaal toe geneem nadat haar motor sowat ‘n uur gelede deur ‘n swaar insleepvoertuig getref is.

Klik hier vir ‘n fotogalery.

Volgens inligting op die toneel blyk dit dat die insleepwa wat ‘n bus gesleep het met Langenhovenweg onderweg was na George toe die Yaris vanaf Bokomo se kant in Langenhovenweg ingedraai en voor die vragmotor beland het.

Die bestuurder se babadogter van nege maande was in ‘n babastoeltjie vasgemaak en is ongedeerd.

Sy is in die sorg van haar ouma wat by die toneel aangekom het.

Nooddienswerkers moes die deur aan die bestuurder se kant oopsny om haar uit te haal.

Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Vrouebestuurder beseer, baba in karstoeltjie ongedeerd na botsing met insleepvoertuig