Daardie oproep!

Dit is vakansietyd maar ook die tyd van die jaar waar die onvoorsiene so maklik gebeur. Die vakansie gaan baie mense wat ernstig beseer is weer eens in die verkeerde hospitale beland of nie die regte behandeling ontvang nie, juis omdat hulle mediese inligting nie tydig beskikbaar is nie.

Annatjie Le Roux skryf die volgende:

“Hiermee wil ek en my gesin CrisisOnCall bedank vir julle bystand in ons uur van nood. Ons as gesin is al lede vanaf Februarie 2004 en het nog altyd net goeie diens ontvang.

Saterdagoggend 11 November 2017 om 07h45 kry ek die oproep wat enige ma altyd vrees om te kry. My seun was betrokke in ‘n ernstige botsing op die Moloto pad met ‘n trok wat se sleepwa afgehak het, met gevolglike ernstige kop beserings en ook ernstige beserings aan sy hand en arm. Hy het geen identiteit of bestuurders lisensie by hom gehad nie aangesien sy beursie onder andere van die toneel gesteel is. Gelukkig het sy CrisisOnCall armbandjie gedra.By die aankoms van die ambulans by die hospitaal was die Nood Eenheid en CrisisOnCall reeds in gesprek om al die besonderhede van my seun te verkry.

Die oproep sentrum het beheer geneem van ons krisis en alle detail verskaf wat nodig was om vir my seun die beste moontlike behandeling te verkry.

Dit is weer eens ‘n bewys dat CrisisOnCall vir jou praat wanneer jy self nie kan nie!

Weer eens baie dankie. Dit word opreg waardeer!”

CrisisOnCall bied ʼn beproefde identifikasie-sisteem wat deur paramedici ontwikkel is en die afgelope 15 jaar aangepas is by veranderde omstandighede. Meeste inligting van die lid en sy gesin word op databasis gestoor nie asook ander inligting soos naasbestaandes, bure, predikant, ens.

Die armbandjie bevat ʼn unieke nommer agterop wat koppel na die inligting by die CrisisOnCall oproepsentrum en word dan aan paramedici op aanvraag beskikbaar gestel. Die stelsel voldoen aan alle wetgewing ingesluit die POPI – Protection of Personal Information wetgewing.

Gaan besoek gerus ons webwerf by www.crisisoncall.co.za vir meer inligting. Jy sal verbaas wees wat alles beskikbaar is teen ʼn baie bekostigbare maandelikse fooi!

Posted on by Media

Comments Off on Daardie oproep!